






Die liefde tussen die twee.
Op die trou dag het ek julle by Picanha gastehuis ontmoet. Dit was vir my baie lekker om te sien hoe opgewonde julle twee was om net by die venue te kan kom om voor die kansel te staan en te weet jy trou met jou beste vriend en vriendin. By Zomerlust Country Estate venue het ek die dekor baie geniet en dit is presies. Hei-Marie se smaak. Jy het alles self gemaak en dit maak dit meer spesiaal.
Met die seremonie toe Hei-marie ingestap kom het, het Ruan so oë geblink. Hy kan nie glo sy bruid is so mooi nie. Hy kon nie nog breër glimlag soos sy in die gang afstap.
Uit Efesiërs 5:21 het die dominee begin preek. “Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig.”
Toe dit tyd was om Mnr. & Mev. Se eerste foto sessie te kon afneem het daar ‘n lekker koue wind begin waai. Met stof en ‘n mooi sonsondergang het ek die mooiste foto’s gekry. Julle is twee pragtige mense en die liefde kon ek nog steeds sien in die fotos.
Wees elke dag daar vir mekaar, lief vir mekaar en onthou die dag vir altyd.
Ek wens julle ‘n goeie toekoms. Mag God julle nog baie jare spaar vir mekaar.